Permanent
Pretoria
Posted 4 months ago

Ons het ‘n pos beskikbaar vir ‘n teaterlys koördineerder by ‘n oogspesialis in die Noorde van Pretoria

Dit sal voordelig wees indien die persoon ervaring in teaterlys koördinering en kennis van die gepaardgaande kodering aspekte beskik.

Daar sal van die persoon verwag word om die volgende te doen:

  •              Koördinering van teaterlyste.
  •              Kommunikasie met teater personeel, narkotiseurs en assistente.
  •              Kommunikasie met pasiënte ten einde hulle in staat te stel om mediesefonds magtiging vir hul operasies te verkry.
  •              Kommunikasie met pasiënte rakende hulle hospitaal opname.
  •              Die tydige bestel van verbruikbare teater items.
  •              Die nagaan van die akkuraatheid van fakture vanaf die verskaffers van die verbruikbare teater items.
  •              Elektroniese en fisiese liasering.
  •              Die tydige verkryging van mediesefonds magtigings nommers by pasiënte.
  •              Die verskaffing van ramings ten opsigte van operasie kostes aan pasiënte.
  •              Algemene ontvangs pligte, wanneer die ontvangsdame afwesig is of wanneer daar baie druk by die praktyk ervaar word.

Die ideale kandidaat moet oor die volgende beskik:

  •              ‘n Matriek sertifikaat (en moontlik gepaste naskoolse opleiding).
  •              Tweetalig. (Afrikaans en Engels)
  •              Rekenaargeletterdheid.
  •              Moet ‘n nie-roker wees.
  •              Moet in ‘n span kan saamwerk.
  •              Moet konsensieus wees.
  •              Moet noukeurig/akkuraat kan werk.
  •              Moet na opdragte kan luister en dit uitvoer.
  •              Moet effektief onder druk kan funksioneer.
  •              Moet daarvan hou om met mense te werk.

Die pos is beskikbaar vanaf 1 Julie 2021.

Werksure:

Maandag tot Vrydag      08:00 tot 17:00

Salaris:

R16 000 (Bruto)

Indien jy die nodige ondervinding het stuur jou CV na werner@medicalresources.co.za met Verwysing – Teaterlys Koördineerder

Job Features

Job CategoryAdmin

Apply Online