Permanent
Johannesburg, Randburg
Posted 4 weeks ago
Saam met ons kliënt werf ons ‘n Mediese Ontvangsdame om by hul Mediese Praktyk in Randburg, Johannesburg aan te sluit. Die ideale kandidaat moet minimum 2 jaar ondervinding hê in ‘n administratiewe/ontvangsrol binne ‘n Mediese Praktyk.
Pligte en Verantwoordelikhede:
- Verseker die gladde en doeltreffende werking en funksionering van die praktyk.
- Verseker dat die ontvangsarea netjies, skoon, toonbaar en bruikbaar is.
- Behartig pasïent besprekings.
- Behartig materiale, voorraad en dienste – beheer, bestel, doen navraag. (Nie ‘n dispensingpraktyk, gevolglik is dit nie ‘n uitgebreide aksie nie)
- Algemene administrasie. (Versoek dat sekere goed aangekoop en betaal moet word bv Water & ligte; sagteware vir praktyk)
- Voorbereiding van pasïent leers.
- Behartig/opstel van rekeninge, verifikasie van mediese hulpfonds lidmaatskap, beskikbaarheid van fondse, betalings, agterstallige betalings.
- Behartig samewerkingsverhoudings met pasïente.
- Handhaaf doeltreffende pasïentediens.
- Handhaaf vertrouensverhouding van dokter, staf, pasïente.
- Behartig faktuur en kwitansie uitreiking.
- Tikwerk (Verslae/versoeke).
- E-posbus bestuur.
Kwalifikasies en ondervinding:
- Ten minste 2-jaar ondervinding as ‘n ontvangspersoon sal voordelig wees.
- Kennis van Elixir sagteware sal voordelig wees. (Opleiding sal verskaf word)
Vaardighede & eienskappe:
- Entoesiasties wees.
- Beskik oor goeie administratiewe vaardighede.
- Vriendelik en behulpsaam wees.
- Moet probleme kan oplos. Proritisering (Moet pasïent deurgeskakel word na dokter; inkom vir ‘n besoek/dubbelbespreking, hantering van agressiewe pasïente, ‘n pasïent indruk omdat die sieker is)
- Sterk interpersoonlike verhoudings kan handhaaf.
- Hardwerkend en aanpasbaar wees ten opsigte van bv tye (As werkskof 08h00 tot 11h00 is en omstandighede maak dat mens langer moet werk to 12h00)
- Beskik oor goeie kommunikasie vermoëns
- Moet onder druk kan werk/ prioritiseer (een person by ontvangs wat alles moet hanteer)
- Rekenaarvaardig wees (MS Outlook365 – e-pos; skandeer; weet waar om lêers te stoor; rekenaar kan laat sinkroniseer vir rugsteuning (backup), praktyksagteware (Elixir), Discovery HealthID ens kan gebruik
- Vlot in Afrikaans en Engels (Groter gedeelte van die pasïentbasis is Afrikaans maar meeste van die administratiewe interaksies met verskaffers en mediese fondse is in Engels)
- Moet fatsoenlik en professioneel daarna uitsien.
- Moet professionele verhoudings met pasïente, personeel en ander bewerkstellig.
Salaris:
- R6500 per maand vir 3-maande proeftydperk; daarna R7000per maand met jaarlikse verhoging
Slegs kandidate wat aan al die vereistes voldoen wat in hierdie advertensie gestel word, sal oorweeg word. As jy nie binne 2 weke na jou aansoek terugvoer van ons ontvang nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
Indien jy aan al die vereistes voldoen soos hierbo uiteengesit, e-pos asseblief ‘n CV saam met stawende dokumente na recruitment1@medicalresources.co.za
Verwysing: Ontvangs – Randburg
Sluitingsdatum: 13 Junie 2022
Job Features
Job Category | Admin, Reception |